Hier verskyn die atlete wat hulle nommers gekry het nadat hulle die Bruintjieshoogtemarathon vir die 10de maal voltooi het. Van links is Cedric Nel (agter, Wirquin SA: borg), Bernadette Swartz (Somerset-Oos-atletiekklub), Yvette Jonker (Despatch-atletiekklub), Sam Erasmus (Nedbank-atletiekklub) en Henrico Marais (voorsitter, Somerset-Oos-atletiekklub).Foto:VERSKAF


DIE baie gewilde Bruintjieshoogte-ultramarathon het op Saterdag, 30 Maart in goeie gees en goeie weer vir die 42ste keer plaasgevind.

Soos altyd het almal wat kans gesien het, deelgeneem aan óf die 50km, 25km óf die 5km wedlope. Baie top atlete van elders het ver gereis om deel te neem en voorts was daar groot en klein, fiks of onfiks, wat hulle deel gedoen het.

Die drie wedlope het onderskeidelik om 06:00, 07:00 en 08:00 by die Laerskool Gill in Somerset-Oos begin en om 12:30 het atlete weer by die skool, soos in vorige jare, in ’n feestelike atmosfeer die marathon voltooi.

Langs die roete in Kollegeweg, Endstraat, Scottstraat, Daweslaan, Harestraat, Nojoli-straat en op die R63 tussen Somerset-Oos en die Bruintjieshoogtepas was daar talle toeskouers wat die atlete aangemoedig het. Soos gewoonlik was daar ook baie vrywilligers wat waterpunte bedryf het om die moeë atlete met ’n koele lafenis aan te moedig.

Inskrywings was nog Vrydagaand by die Somerset-Oos-rolbalklub gedoen. Hier is die gewilde Bruintjieshoogte T-hemde ook te koop aangebied en ’n pastaparty gehou waar baie van die atlete mekaar weer ná ’n jaar ontmoet het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article