Marlow het Saterdag, 6 April, teen Dale Kollege rugby gespeel in King William’s Town. Hier is Marlow se kaptein en heelagter, Ambesa Zenzile, op die aanval.Foto:VERSKAF


DIE Hoër Landbouskool Marlow het op Saterdag, 6 April met nege rugbyspanne teen Dale Kollege meegeding. Albei skole het gesorg vir goeie kompeterende rugby in King William’s Town.

Dale se eerste span het Marlow in die hoofwedstryd met 19-17 geklop en die halftydtelling was 12-7 in die tuisspan se guns. Albei spanne het met fisieke hardlooprugby mekaar aangevat. Marlow het die vaste skrums oorheers. Lynstane van altwee spanne was goed.

Marlow en Dale het by die afbreekpunte mekaar behoorlik aangevat. Die tuisspan het drie drieë gedruk en met twee doelskoppe geslaag.

Marlow se twee drieë is deur Wiehann Pretorius (3) gedruk. Troy Delport (13) het met twee doelskoppe en een strafdoel geslaag.

Johannes Erasmus, slot van Marlow, het veral op die aanval en verdediging uitgeblink.

Die ander spanne se wedstryde was ook goeie kragmetings met albei skole wat gesorg het vir kompeterende rugby. Uitslae was soos volg (Marlow-tellings eerste):

. 2de spanne (17-28)

. 3de spanne (31-24)

. o.16A-spanne (0-48)

. o.16B-spanne (19-17)

. o.15A-spanne (12-5)

. o.15B-spanne (15-30)

. o.14A-spanne (39-0)

. o.14B-spanne (17-15)

Marlow speel eerskomende Saterdag rugby teen Die Brandwag (Uitenhage) op Marlow. Dis die Wolramme se eerste tuiswedstryd vir die seisoen.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article