Adriaan Stander pyl op die doellyn af. foto:JOHANETTE PHOTOGRAPHY


GROOTFONTEIN Landboukollege se eerste rugbyspan het op Saterdag, 6 April ’n weghol-oorwinning van 53-7 oor Murraysburg se span behaal.

Die nege drieë wat deur Grootfontein se spelers tydens die wedstryd aangeteken is, is deur Daniël Rademan (Wolf), Marnus van den Heever (Varkie), Jan-Ernst Terblance (Jacky), Johan Durr (Spanspek), Dirk van Rooyen (Stoorlam), Adriaan Stander (Bakkies) en Joachim Scholtz (Beaver) aangeteken.

Die verdere punte is deur die skopvoet van Dirk van Rooyen (Stoorlam) aangeteken.

Murraysburg se enigste drie is tydens die eerste helfte van die wedstryd aangeteken toe die flank van Murraysburg, Frederick MacPherson, die bal in Murraysburg se kwartgebied onderskep en tot in Grootfontein se kwartgebied gehardloop het, waarna hy die bal vir die vleuel, Sebastiaan Adams uitgegee en Adams die drie met ’n duiksprong gedruk het.

Albei spanne het vir goeie aksie gesorg en die toeskouers verseker nie teleurgestel nie. Grootfontein se finale jaar student, Alex Greig (Dozer) is as speler van die wedstryd aangewys.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article