INWONERS van Jansenville, Steytlerville en Willowmore is wreed ontnugter toe Eskom dié drie dorpe se elektrisiteitsvoorsiening vanaf verlede week Donderdag tot Dinsdag vandeesweek ure lank gesny het nadat samesprekinge tussen Beyers Naudé plaaslike munisipaliteit (BNLM) en Eskom geen resultate opgelewer het nie.

Eskom het op 20 Maart kennisgewings gepubliseer ten einde verbruikers te waarsku dat kragonderbrekings in werking gestel sou word indien BNLM nie daadwerklike pogings begin aanwend om hul skuld aan die kragvoorsiener te begin vereffen nie. Die munisipaliteit skuld Eskom nagenoeg R95 miljoen.

Teen Dinsdagmiddag het Eskom egter aangekondig dat ’n ooreenkoms met BNLM bereik is, en dat kragonderbrekings tot 16 Mei opgehef sal word. Volgens dié ooreenkomsvoorwaardes moes die munisipaliteit ’n onmiddellike betaling van R6 miljoen maak en teen 16 Mei ’n plan kan voorlê waarin aangedui word hoe hulle die orige R90 miljoen sal delg.

Volgens ’n amptelike verklaring verlede Donderdag op BNLM se Facebookblad het die munisipaliteit wel ’n betalingsooreenkoms – wat deur Eskom aan die einde van Oktober 2018 opgestel is – onderteken, maar die ooreenkoms is nie deur Eskom ook onderteken en bekragtig nie.

“Die munisipaliteit onderhandel steeds met Eskom. Hierdie onderhandelinge is egter nou oorgeneem deur die onderskeie LUR’e vir finansies en samewerkende regering en tradisionele sake in die Oos-Kaap,” het die verklaring gelui.

VERVOLG OP BL. 2

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article