DIE AGS Lux Dei-gemeente in Middelburg hou, in samewerking met die NG Kerk en die Gereformeerde kerk, ’n heerlike gesinsnaweek aan die begin van Mei.

“Ons wil gesinne die geleentheid bied om lekker saam te kuier en kwaliteit-tyd saam deur te bring,” sê pastoor Beatrice Luther van AGS Lux Dei.

“Die moderne lewe is gejaagd. So baie invloede van buite maak aanspraak op ons tyd, erodeer ons gesinswaardes en strem geestelike groei. Met die gesinsnaweek se aktiwiteite wil ons gesinne die geleentheid bied om net weer by mekaar uit te kom in ’n ontspanne, prettige atmosfeer.”

Die naweek se program lyk as volg:

  • Donderdagaand, 2 Mei 18:30 tree gospelsanger Leon Goosen op by die AGS Lux Dei-gemeente (Krugerstraat 43, Middelburg). Toegang is gratis.
  • Vrydagoggend, 3 Mei 08:30 kuier Erich Posthumus by die Laerskool Karel Theron. Erich en sy gesin bedien landwyd by skole, kerke en kampe, en sy entoesiastiese aanslag vind aan-klank by oud en jonk.
  • Om 09:50 besoek Erich die Hoër Volkskool, en by albei skole sal daar gefokus word op boelie-“proofing”, om kinders te bemagtig om dié tendens die hoof te kan bied.
  • Vrydagaand 18:30 – 20:30 word ’n prettige “Barnyard”-kuieraand by die Laerskool Karel Theron gehou. Bring jou eie tafeldoek en piekniekmandjie en kom geniet musiek en vermaak vir vriende en families.
  • Saterdagmiddag, 4 Mei 14:00 – 16:00 is dit Pannekoekfees by die Laerskool Karel Theron. Kaartjies kos R15 per persoon en sluit panne-koek in. Bespreek vir die pannekoekfees by Beatrice: 084 400 5341 of 049 842 3645.
  • Sondagoggend, 5 Mei 09:30 word ’n gesins- diens gehou onder leiding van Erich Posthumus.
  • Maandagoggend, 6 Mei besoek Erich die Laerskool Ellen Olivier in Midros.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article