Van links is Roland en Karenza Liebenberg (Vleishaak en Vino Restaurant), Elize Jordaan (Coffee & Clay), Louis Pieterse (Fotograaf – Kudu Studio’s), en Christine Pieterse en Melinda Mulder (ma en dogter span by Kris Decor Cafe).Foto:AMY COETZER

DRIE interessante ondernemings op Cradock het onlangs saamgesmelt en staan nou as “102 on Frere” bekend.

Kris Décor, Coffee en Clay en Vleishaak is nou almal saam by 102 on Frere waar hulle ’n spesiale atmosfeer skep. Dit is die ideale plek om koffie en koek te geniet terwyl jy jou verlustig in al die besienswaardighede.

Vleishaak se plaasvars vleisprodukte vanuit hul geregistreerde slaghuis op die plaas, word ook hier verkoop. Dié produkte is ook te koop by Vinos se restaurant op die gholfbaan.

Elize Jordaan van Coffee & Clay is bekend vir haar keramiek en die unieke porseleinware wat sy vervaardig. Sy is ook verantwoordelik vir al die soetgoed en koffie wat bedien word.

Krisdekor neem hande met Coffee & Clay en sorg vir die rustige atmos-feer wat geskep word.

Van die bykomende dienste wat aangebied word is die verkoop van skilderye en restoureerwerk aan meubels.

Kudu Studios, wat ook by 102 on Frere werk is die eiendom van Louis Pieterse wat spesialiseer in die afdruk van foto’s op doek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article