NADIA Bosch is ’n boervrou in murg-en-been. As sy nie haar hanslammers versorg nie, is sy in haar groot tuin doenig.
Nadia bedryf ook die plaaslike Echo Spa-skoonheidsalon op Hofmeyr. Sy deel graag haar resep vir haar room teen winterskurfte.
Nadia se room teen winterskurfte
Bestanddele
500 g Kamferroom
60 g Zambuk-salf
Klein buisie bababoudsalf of 2 eetlepels speensalf
4 Opgehoopte eetlepels Aqueous-room.
(As jy nie boudsalf of speensalf gebruik nie, gebruik dan gerus jou gunsteling velolie (tissue oil)).
Metode
- Smelt die Zambuk-salf vir ’n paar sekondes in die mikrogolfoond, dan meng dit beter.
- Klits alles saam. Skep terug in jou oorspronklike Kamferroompot, maar jy gaan nou een en ’n halwe roompot volmaak.
- Gebruik soggens en saans, veral op hande, voete, elmboë en knieë, en oral waar winterskurfte toeslaan.



