TWEE uiteenlopende vroue. Een verhoog. ’n Kabaret tot boordens toe vol met verruklike sang, vurige Spaanse danse, skaterlagstories en baie drama.

Dít is wat die gehoor kan verwag wanneer DisNell@s op 15 Junie in die Te Water-saal op Graaff-Reinet op die planke sal wees.

Petronel Baard, bekroonde kabaretdiva en Cornelle Carstens, joernalis, rubiekskrywer en danser, sal te sien wees in dié produksie.

Dit word aangebied in samewerking met die Christelike Maatskaplike Raad en dien as ’n fondsinsameling vir ’n verdienstelike saak, aldus die organiseerders.

Daar is die polities-inkorrekte Magdel Myburgh wat die lewe aan die hand van die FAK verklaar; die nimlike Aunty Ethel, ’n “lady in lavender”; Koek 007 wat hoop om ’n oornagsukses te word as sjef op sterkte van haar naam en nog ’n paar ander verrassende karakters.

  • Bespreek by Sakkie van Zyl by 082 279 4182.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article