’n GROEP van ongeveer 100 mense wat glo ontevrede is oor hoe Chris Hani-distriksmunisipaliteit (CHDM) werkstoekennings hanteer het, het verlede Donderdag amok by dié munisipaliteit se kantore op Cradock gemaak.

Volgens ’n persverklaring wat ná die voorval uitgereik is, sal die kantoor vir ’n onbepaalde tyd gesluit wees.

Ná verneem word, is die mense ontevrede omdat so min plaaslike werkers aangestel is vir ’n projek wat CHDM be- stuur.

Die ontevrede groep het glo motorsleutels van personeel en amptelike motors gekonfiskeer, almal uit die kantore gejaag, die kantore gesluit en die sleutels saam met hulle geneem. Die groep het ook glo gedreig om die kantore aan die brand te steek indien iemand sou probeer om dit oop te maak.

Volgens CHDM beskou hulle hierdie voorval in ’n erstige lig en gaan hulle alles in hul vermoë doen om staatseiendom en personeel te beveilig.

Samesprekings het reeds plaasgevind om aan almal te verduidelik wat die toedrag van sake is.

Intussen kan alle navrae oor water- en riooldienste, rekeninge en soortgelyke na-vrae na CHDM se kliëntediens by 080 010 0100 gerig word, waarna hulle na die relevante afdeling verwys sal word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article