CN van der Merwe.Foto:JOHANETTE PHOTOGRAPHY


CN van der Merwe is op 2 Junie vanjaar oorlede.

Sy teraardebestelling was op 7 Junie by die Leeukop-familiebegraafplaas waarna daar ’n afskeidsdiens in Huis Karee was.

Sy seun, Lindo, het dié dienste gelei. Hy sou op 24 Julie sy 91ste verjaardag gevier het

CN van der Merwe is in 1928 in Noupoort gebore waar hy tot in sy matriekjaar skoolgegaan het.

Vandat hy in standerd vier (nou gr. 6) was, het hy die 23 km met sy fiets afgelê skool toe op ’n Sondagmiddag en weer Vrydagmiddag teruggery. Hy moes net ná sy matriekjaar begin boer aangesien sy pa toe oorlede is en sy ma alleen op die plaas Bovlei was.

Later is hy met Elize Webb getroud. Hulle het ’n dogter Carelette, seun Lindo en jongste dogter Roleen op die plaas Rietpoort grootgemaak.

Hy laat sy seun Lindo, dogter Roleen, vyf kleindogters en twee agterkleinkinders agter.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article