Koos Marais (59) bekende landdros van Steynsburg tydens verlede jaar se Kersvakansie. foto:BIANCA MARAIS


DIE 59-jarige landdros van Steynsburg, Sarel Jacobus (Koos) Marais, is die afgelope naweek oorlede na ’n moedige stryd teen kanker.

Landdros Marais het vir 25 jaar diens gedoen op Steynsburg. Hy was alombekend en het graag by die mense van sy dorp gekuier.

Hy was betrokke by die kerkgemeenskap en die rolbalklub waar hy graag oor naweke gaan ontspan het. Sy ander liefdes was jag en die natuurskoon.

Familie, vriende en die gemeenskap van Steynsburg sal van Koos Marais afskeid neem op Vrydag, 26 Julie om 10:00, vanuit die NG Kerk Steynsburg.

Hy laat sy vrou Marika, sy drie kinders Francois, Koos en Anrika Kotzé en kleinkinders agter.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article