Vervolg vanaf bladsy 1
ODENDAAL is van mening dat onbekwame topamptenary die grootste meulsteen om die nek van die munisipaliteit is.
Odendaal het sy hoop uitgespreek dat die premier dringend sal ingryp ten einde ’n mate van stabiliteit na Inxuba Yethemba-munisipaliteit terug te bring. Hy het egter ook lede van die sakekamer gevra om konstruktiewe en proaktiewe bydraes in hul gemeenskap te maak.
“Ek wil die sakekamer en belastingbetalersforum gelukwens met die goeie werk wat jul waterfonds doen, asook die vrywillige opruimingswerk wat gedoen word om Middelburg skoon te hou. Daar is ’n tyd om politiek te bedryf, maar ook ’n tyd om ons te beywer vir samewerking ten einde effektiewe dienslewering te verseker.
“Die enigste oplossing vir IYM is dat almal saam skouer aan die wiel sal sit,” het Odendaal gesê.
Odendaal was die koukusleier in Nelson Mandelabaai en leier van die amptelike opposisie totdat die DA dié munisipaliteit in 2016 oorgeneem het.
Daarná was hy lid van die burgemeesterskomitee belas met finansies.

