Albei skole het in die hoofwedstryd klipharde spel gelewer en die besoekers wen 18 – 7. Hier val Marlow se losskakel, Leyton Valentyne, die voordeellyn aan. Leyton het dan ook Marlow se drie gedruk.Foto:VERSKAF


DIE Hoër Landbouskool Marlow het op 20 Julie met 13 spanne klipharde rugby teen Oakdale gespeel.

Oakdale se eerste span het Marlow in die hoofwedstryd 18-7 geklop. Die telling was reeds teen halftyd 18-7 in die besoekers se guns.

Oakdale het vroeg in die vaste skrums die oorhand gehad. Marlow het egter namate die wedstryd gevorder het, beter begin skrum. Oakdale se lynstane was baie goed. Albei spanne het gereeld met goeie fasespel mekaar se voordeellyn aangeval.

Albei spanne se verdediging was van hoogstaande gehalte. Oakdale het twee drieë gedruk, met twee strafdoele en een doelskop geslaag. Marlow se een drie was gedruk deur hul losskakel, Leyton Valentyne en Troy Delport het met die doelskop geslaag.

Die ander spanne se uitslae was soos volg (Marlow se tellings eerste):

Tweede span verloor 27–29

Derde span verloor 3–43

Vierde span verloor 18–32

o.16A-span verloor 7–62

o.16B-span verloor 16–32

o.16C-span verloor 0–32

o.15A-span verloor 0–19

o.15B-span wen 15–7

o.15C-span verloor 12–22

o.14A-span verloor 10–15

o.14B-span verloor 5–31

o.14C-span verloor 0–54

Die Wolramme speel eerskomende Saterdag, 27 Julie teen die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar op Uitenhage.

Dis Marlow se laaste wedstryde van die seisoen en die Wolramme sal oorgehaal wees om die seisoen op ’n hoë noot af te sluit.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article