Die groep entoesiastiese leerders van Primêre Skool Karel Theron het met hulle “papierhout”-projek by die Wintermark 2019-kompetisie in Kaapstad gewen. foto:JOHANETTE PHOTOGRAPHY


Die groep entoesiastiese leerders van Primêre Skool Karel Theron het met hulle “papierhout”-projek by die Wintermark 2019-kompetisie in Kaapstad gewen. foto:JOHANETTE PHOTOGRAPHY

HERWINNING is die pad na oorwinning. Dít het ’n groep entoesiastiese Karel Theron-leerders bewys.

Dié groep, genaamd Green Recycling Team (GRT) onder leiding van onderwyseres Louisa Nel, het met hul “papierhout” ’n eerste plek gewen by die Wintermark 2019-kompetisie in Kaapstad.

Hulle is aangewys as die beste groep entrepreneurs en daarvoor het hul ’n prys van R2 000 gewen.

Die kompetisie is spesifiek daarop gemik om herwinning en hergebruik van afvalprodukte aan te moedig.

GRT se “papierhout” bestaan uit ge-snipperde afval dokumente wat saamgepers is. Die eindproduk word verpak, bemark en verkoop in herwinde boksies teen ’n bekostigbare prys.

Die “papierhout” word gebruik as ’n aanvullende produk vir vure in kaggels en stofies om sodoende hout te spaar en uiteindelik bome in die natuur te bewaar!

GRT werk tans hard om hul “papierhout” voorraad op te bou vir verkope aan die publiek. Sodra daar genoeg voorraad is, sal hulle met hul verkope begin en sodoende fondse vir die skool insamel.

GRT laat nie op hulle wag nie en werk reeds aan ’n nuwe projek. Hulle is in die proses om “eko-stene” met 2 liter bottels te maak. Die proses is nog ’n geheim waarmee hulle binnekort almal gaan verras.

Karel Theron is trots op die GRT-groep wat met soveel entoesiasme omgewingbewaringprojekte aanpak en daardeur hul skoolmaats en die pu- bliek bewus maak van die noodsaaklikheid van herwinning en om ons omgewing te bewaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article