CARIN van Rensburg van Cradock ACVV is met ingang Julie aangestel as hoof maatskaplike werker op die dorp.

Carin van Rensburg. Foto:WILNA DE KLERK

Sy sal voortaan as toesighouer verantwoordelik wees vir die ACVV-kantore op Cradock, Middelburg en Dordrecht.

Carin is op 5 Januarie 1997 by die ACVV op Cradock as maatskaplike werker aangestel. Hierdie pos het sy vir vier jaar beklee, waarna sy dit opgegee het om vir vier jaar tennis af te rig.

Daarna het sy weer by die ACVV aangesluit vir vier jaar, waarna sy getrou en haar babas grootgemaak het. Sy het in dié tydperk op die bestuur van die ACVV gedien en is in 2012 weer vas aangestel by die ACVV.

Haar nuwe werk sal insluit dat sy onder meer verslae moet nasien voordat dit by die hof ingedien word en dat sy ten minste een keer per maand by al die kantore besoek moet aflê. Sy sal ook betrokke wees by pleegsorgsake.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article