DIE 90ste jaarlikse VLVK kongres is verlede week by Goudini Spa gehou.
Bykans 300 vroue van regoor die VLVK-grense het die ge-leentheid bygewoon en Hofmeyr VLV was goed verteenwoordig.
Isabel Wilken (VLV Sirkelpresident), Nadia Bosch (landbousameroepster en gesondheidsameroepster van Hofmeyr VLV) en Annerien van der Merwe (voorsitter Hofmeyr VLV) het die geleentheid bygewoon.
Hofmeyr VLV-tak het weer uitstekend gevaar en die volgende punte behaal vir inskrywings gemaak deur die onderskeie lede: Anneke Wilken 66% (batikwerk), Elisma de Jager 74% (fotografie), Dadda de Jager 74% (naaldwerk) en 69% (hekelwerk), Isabel Wilken 71% (naaldwerk), Mariaan Schoeman 68% (skilderkuns) en Teresa Opperman 72% (fotografie) en 85% (skryfkuns).
Hofmeyr het ook die Callie Liebenberg-wisseltrofee verower vir die tak wat VLVK se beeld positief uitdra in hul gemeenskap. Spesifiek met verwysing na die Hofmeyr Hugs of Hope, waarby talle VLV lede betrokke is en die VLV-tak groot bydraes lewer tot ophef-fingswerk in die gemeenskap. Nadia Bosch het die trofee in ontvangs geneem.



