CRADOCK-rugbyklub hou op 13 September hul jaareindfunksie wanneer hul beste spelers van die jaar vereer sal word.
Die funksie word by die Oud-skoliere Klub van die Hoërskool Cradock gehou en die publiek word hartlik utigenooi om die geleentheid by te woon. Die funksie begin om 19:00 en daar sal ’n dans en spitbraai wees.
Kaartjies teen R100 vir volwassenes en R50 vir kinders is by Locker Room beskikbaaar. Daar sal ook ’n kontantkroeg wees.


