Nadia Bosch, bestuurslid van die Bamboes MTB, handig die medalje oor aan die wenner, Devon Muir vanaf Graaff-Reinet.Foto:SANET COETZER


DIE jaarlikse Bamboes bergfiets-wedrenne en veldhardloop is onlangs op die Bamboes Gasteplaas in die Hofmeyrdistrik gehou.

Vir die bergfietsryers was daar 70km, 35km en 20km roetes om aan deel te neem terwyl hardlopers kon kies of hulle die 21km, 12km of ’n 5km roete wou aanpak.

Die roetes kronkel deur Bamboes-plaas met uitsigte vanaf die hoogliggende dele oor die Vlekpoortvallei. Plaaslike entrepreneurs het hul ware te koop aangebied by stalletjies wat opgestel is by die Bamboes gastehuis. Devon Muir, fietsryer vanaf Graaff-Reinet het vanjaar met die louere weggestap en ’n tyd van 03:10:00 in die 70km bergfiets-uitdaging aangeteken. Die eerste vroue fietsryer was Carol Vivier vanaf Bloemfontein in ’n tyd van 4:14:00 oor dieselfde afstand.

  • Bergfiets – 35km

Mans: 1. Michael Rice (2:33:00); 2. Matthys Grobler (2:37:00); 3. Geoffrey Davison (3:20:00).

Vroue: 1. Donnah-Lynn Stephenson (2: 36:00); 2. Leanlé Yendall (3:23:00); 3. Jeané Botha (3:32:00).

  • Veldhardloop

21km Mans: 1. Jan Fourie (2:10); 2. Japie van Rooyen (2:16); 3. Diederik Stears (2:16).

21km Vroue: 1. Luané Meyer (1:48); 2. Michelle Schoeman-Marais (2:22); 3. Elsa Labuscagne (2:53).

12km Mans: 1. Shane Bailey (0:59:31).

12km Vroue: 1. Maria Roxy van Rooyen (1:04:56); 2. Michelle du Plooy (1:34:48); 2. Eronel Smit (1:35:19).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article