Die Living Legends-rugbyklub van Graaff-Reinet het aan ’n toernooi in Aberdeen deelgeneem en as oorwinnaars uit die stryd getree. Hulle het R1 000 se prysgeld aan die Aberdeen-rugbyklub geskenk. Hul oorwinning is opgedra aan die internasionale swangerskap- en babaverlies bewusmakingsveldtog wat jaarliks in Oktober gehou word. Spanlede was geklee in pienk en blou, in solidariteit met almal wat al ’n baba tydens swangerskap of kort na geboorte aan die dood moes afstaan. “Ons sien julle, en ons bid vir julle, want soos daar gesê word: daar is geen voet te klein om ‘n spoor op hierdie wêreld te laat nie,” was die Living Legends se boodskap. FOTO:VERSKAF


Living Legends wen Aberdeen-rugbytoernooi

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article