Cradock se 2019 landbouskou was ten spyte van die erge droogte en ekonomiese druk goed bygewoon. Die perde-afdeling, wat die grootste trekpleister na die skou is, was vanjaar weer eens ’n skouspel van trots. Mededinging om die gesogte Monty Gadd-trofee was sterk. Dit is Suid-Afrika se bekendste skou-kompetisie wat reeds die afgelope 80 jaar aangebied word. Vanjaar se Monty Gadd-trofee is gewen deur Valley’s Touch The Wind met Junior Hugo in die saal. In die tweede plek was Font Supreme Class, gery deur Colin Moolman en derde was Show me Hell’s Angels gery deur Jeremi Bouwer. foto: FOTOJAN


Wenner van Monty Gadd-trofee

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article