Die Middelburg Karoo Toerismeburo het verlede week opruimingswerk by die KwaNonzame-ingang na die dorp gedoen. ’n Stootskraper van Klipco is gebruik om groot klippe en hope vullis te verwyder. ’n Groot hoeveelheid glasstukke wat oor die ingangsgebied gesaai gelê het nadat ’n vragmotor ’n vrag drankbottels in Mei daar verloor het, is ook opgeruim. “Ons is trots op ons dorp,” het voorsitter van die toerismeburo, Riana Southey, gesê. “Ons wil graag hê toeriste moet van meet af aan welkom voel in Middelburg.” Foto:ELSABÉ PIENAAR
Middelburg stoot skoon
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.