Op ’n snikhete somersdag het nagenoeg 70 eerstejaar-studente van Grootfontein Landboukollege buite Middelburg, opgetof in hul blou oorpakke, die 20 jaar oue “Koppiekalk” tradisie weer uitgeleef. Gewapen met botteltjies gevul met kalk asook ’n verversing om die keel nat te hou, is die “jare” op en af teen die berg uitgestuur om die klippe wat sedert 1989 daar gepak is, weer wit te kalk. Langs die pad is hulle met valk-oë dopgehou deur die seniors om seker te maak niemand steek lyf weg nie. Hierdie tradisie het in 1989 ontstaan toe Grootfontein-studente die Grootfontein naam in 1911 (toe die kollege gestig is) vir die eerste keer teen Voorbergkamp se koppie langs die N9 na Colesberg uitgepak en gekalk het. In 2011, tydens Grootfontein se eeufeesviering het die personeel van Grootfontein ook deelge-neem aan die klippekalk en die datum toe na 1911–2011 verander. Foto:JOHANETTE PHOTOGRAPHY


Koppiekalk-tradisie leef voort

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article