DIE nood van boere in Cradock en omliggende streke, wat deur die vernietigende droogte veroorsaak word, raak die harte van mense oral deur die land.

Cradock Tafelronde gaan nou ook ’n helpende hand uitreik na dié boere om hulle sowel as hul diere te help.

Paul Marè, Tafelronde voorsitter, het by ’n onlangse vergadering aan die verteenwoordigers van Cradock Distriks Landbou-unie gesê dat hulle fondse be-skikbaar het wat hul tydens vanjaar se Visrivier-kanomaraton ingesamel het. Hulle gaan ook by mede-Tafelaars in Natal en die Westelike Provinsie aanklop om te help om dié fondse aan te vul.

“Ons gaan by al ons ander Tafelrondetakke regoor die land, veral dié wat nie huidiglik in droogtenood verkeer nie, vra vir bydraes om ons projek te sterk.

“Onthou, Tafelronde is wêreldwyd. So, ons gaan selfs ook aan ons vriende in die buiteland dié droogtekrisis en gevolglike omstandighede verduidelik. En vir hulle vra om moontlik ook bydraes te stuur,” het Marè gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article