BEDELARY deur straatkinders is soos in enige ander dorp ook op Middelburg ’n sosiale euwel.
Daarom het die ACVV op Middelburg die inisiatief geneem om ’n koepon-stelsel te inisieer waardeur inwoners ’n R10-koepon by Spar kan koop, in ’n poging om straatkinders te help.
Aangesien die grootste getal straatkinders veral voor Spar rondhang, kan die koepons by Tanja of Zoleka (by Spar) gekoop word.
’n Straatkind kan dan met dié koepon vir hom of haar kos of klere by die ACVV-kantoor by Loopstraat 2 op Middelburg gaan koop.
Die publiek word versoek om eerder dié projek te ondersteun in plaas daarvan om kontant aan die straatkinders te gee (aangesien hulle met kontant ongewenste items in plaas van kos of klere koop).
Die ACVV op Middelburg se kan-toor is Maandae tot Vrydae vanaf 09:00 tot 15:00 oop.
