DIE jongste van Cradock se be-kende De Beer-broers is verlede Saterdag onverwags oorlede toe hy in Port Elizabeth aan ’n massiewe hartaanval beswyk het.

Grant de Beer (49) wat vanaf September vanjaar by St. Albans- gevangenis buite Port Elizabeth gewerk het, was voorheen vir 17 jaar in Cradock by die korrektiewe dienste werksaam.

Hy en sy broer, Wayne, het ook vir sewe jaar kontrakwerk gedoen.

De Beer het ook vir ’n geruime tyd in Afghanistan gewerk.

Hy en sy vrou, Shirley, sou binnekort na Port Elizabeth verhuis.

De Beer word oorleef deur sy ma Dobré, sy vrou Shirley, ses stief- kinders en ses stief-kleinkinders asook sy broers, Franklin, Wayne en twee susters Michelle en Melanie.

Daar was Dinsdag, 3 Desember, ’n verassingsdiens in Port Elizabeth en ’n roudiens sal gehou word so gou as wat sy ma Dobré, wat in die buiteland is, terugkeer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article