’n Oud-leerder van die Hoërskool Cradock, Réze Opperman, het die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies) op die tennisbaan verteenwoordig by die Suid- Afrikaanse universiteite toernooi (USSA). Kovsies het in die finaal vir Maties gewen en is as die Suid-Afrikaanse kampioenspan gekroon. Réze het al haar wedstryde in skoon stelle gewen en veral in die finaal uitgeblink. Ná afloop van die toernooi is sy as een van vier meisies uit alle universiteite gekies vir die SA universiteite-span, ook bekend as die “USSA dream team”. Foto:VERSKAF


Opperman hou Cradock naam hoog

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article