In ‘n dorre dam in die hart van die Karoo is ’n pasgetroude paartjie se mooiste oomblikke op kamera vasgevang. Philip en Marilet Schutte van Centurion het in die Nqweba-dam, noord van Graaff-Reinet, teen die damwal afgeklouter om foto’s te laat neem. Danksy die flukse inwoners van Graaff-Reinet is al die dooie visse uit die dam verwyder en gelukkig was daar geen onaangename reuk wat die goue oomblikke kon bederf nie. Hulle moes hul balans behoorlik ken om op die harde damkors met sowat 30cm diep krake te loop. Die Nqwebadam vorm deel van die Kamdeboo Nasionale Park. foto:JOHANETTE PHOTOGRAPHY


IN ‘n dorre dam in die hart van die Groot Karoo is ’n pasgetroude paartjie se mooiste oomblikke vasgevang.

Philip en Marilet Schutte van Centurion het in die Nqweba-dam, noord van Graaff-Reinet, teen die damwal afgeklouter om asemrowende foto’s te laat neem.

Danksy die flukse inwoners van Graaff-Reinet is al die dooie visse uit die dam verwyder en gelukkig was daar geen onaangename reuk wat die goue oomblikke kon bederf nie. Die paartjie en fotograaf moes hul balans behoorlik ken om op die harde damkors met 30cm diep krake te loop.

Die Nqwebadam wat deel vorm van die Kamdeboo Nasionale Park is desondanks die welkome reën wat in Januarie geval het, steeds dolleeg en kurkdroog.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article