JEAN–LOUIS du Plessis van die Hoër Volkskool het as ’n lid van die Oostelike Provinsie o.19-gholfspan aan ’n interprovinsiale gholftoernooi by die Oubaai Gholfklub deelgeneem.
Veertien provinsies het aan die toernooi deelgeneem met agt spelers in elke span. Daar is in twee afdelings meege-ding met die OP-span in die B-afdeling.
Spelers het daagliks wedstryde gespeel en die uitslae is bepaal deur die span wat die meeste gate gewen het.
Die OP-span het algeheel derde geëindig en die laaste dag het hulle die algehele wenners van hul afdeling, KwaZulu-Natal, oortuigend gewen.
In die vierspelkompetisie het Jean-Louis en sy spanmaat drie wedstryde gewen, een gelykop gespeel en twee verloor.



