DIE Helpende Hand-tak van Middelburg het ’n suksesvolle tassie-projek gehad danksy donasies en skenkings van skryfbehoeftes en ander benodighede.
Volgens Annatjie van Zyl van dié tak, was die skenkings so ruim dat hulle selfs ’n paar ouer kinders kon bystaan met eksamensakke en skryfbehoeftes.
“Die behoefte vir skoolbenodighede raak elke jaar grooter. Daarom wil ons ons dank uitspreek teenoor elke persoon en besigheid wat ons inisiatief onder- steun en dit vir ons moontlik gemaak het om die kinders te help,” sê Annatjie.
Spesiale dank vir skenkings gaan aan die volgende persone en instansies: Pieter Myburg en Brad Rolfe van Rolfe Laboratories; Liren Mothiram van Die Associates motorfietsklub; Calla Perry van Spar; Marius van Zyl van Smartloans Middelburg; Jurie en Eugene van PDK; Susan Erasmus van Die Biltong Deli; en ook die bestuur van Haystead en Ford.
- Indien enige iemand belangstel om Helpende Hand te ondersteun of betrokke te raak kan die tak kan hulle ’n SMS stuur na 076 216 8134.



