VLV Sirkel Cradock het hulle 86ste sirkelkonferensie op Tar-kastad gehou.
Afgevaardigdes vanaf Hofmeyr, Somerset–Oos, Kookhuis, Cradock en Tarkastad was teenwoordig.
Hierdie was die eerste sirkelkonferensie van die nuwe sirkelpresident, Isabel Wilken.
Vorige sirkelpresidente Ronell Herselman van Tarkastad, Ria Meyburgh van Cradock en Rika Pienaar van Hofmeyr was ook teenwoordig.
Laasgenoemde het tydens die konferensie haar bedanking vanuit die sirkelbestuur aangekondig.
Sy was 18 jaar op sirkelbestuur, en het diens gedoen as sekretaris, president, vise-president en het ook verskeie portefeuljes gevul.
Gassprekers wat in die onderskeie portefeuljes opgetree het was Ruaan Botha, Groen Sker- pioene by departement natuurbewaring in Queenstown in die landbou en tuinbougleuf.
Vir opvoeding en kultuur het Trish King vir Mind Moves aan die dames voorgestel en elkeen uitgedaag om saam met haar die nodige te doen om kinders se breine optimaal te ontwikkel.
Vir kuns, het Annari Oosthui-zen van Cradock ’n demonstrasie gegee oor skilder met voedsel-kleursel.
Jenny van Heerden van Sparrows het die openbare sake-gleuf gevul met haar praatjie oor die missie van Sparrows kinderoord op Tarkastad, waar hul poog om kinders in hul sorg optimaal te help ontwikkel en hul toe te rus vir die lewe buite die inrigting. Irene Smith het wenke gegee oor effektiewe oefeninge vir vroue se ouer-wordende lywe.
As geleentheidspreker het Louise Geyer van Cradock, vroue aangemoedig om hulself te bemagtig deur in hulself te belê.
Ter afsluiting het sy elke vrou aangemoedig om sommer dadelik te belê in ’n “stunning nuwe lipstiffie en ’n moderne nuwe bra.”
Isabel Wilken meld tydens haar presidentsrede dat, “Voed ’n vrou en jy voed ’n gesin, bemagtig ’n vrou en jy bemagtig ’n nasie.”




