Corrie Vermaak (84). Foto:TERESA OPPERMAN


DIE Hofmeyrgemeenskap betreur die heengaan van die bejaarde Corrie Vermaak (84) van Retiefstraat, Hofmeyr.

Hy het gesterf tydens ’n brand by sy huis. Die plaaslike inwoners het net na 04:00 Vrydagoggend, ook die eerste oggend van die Covid-19 inperkingstermyn, wakker geword en rook in die lug gesien.

By nadere ondersoek is vasge-stel dat Vermaak se huis in ligte laaie is. Sy dogter Obré en haar eggenoot Willem van Heerden, is dringend ontbied.

By nadere ondersoek is bevind dat Vermaak op die toneel beswyk het en so ook sy getroue Weimaraner-hond wat hom opgepas het.

Vermaak het in die laaste jare van sy lewe makulêre degenerasie ontwikkel, wat sy sig baie ernstig benadeel het. Voordat sy sig egter so verswak het, was hy ’n ywerige visserman en ook ’n skilder van formaat. Sy kunsnalatenskap is ook in die brand vernietig.

Wyle Corrie Vermaak laat sy twee getroude dogters, asook ’n seun en vyf kleinkinders na.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article