’n Cradock Afriforum-tak is gestig. Hier is (van links) Arnu Greyling (Afriforum), Liezl Rautenbach, Wayne de Beer, Andrew Jordaan, Jaco Mulder, Conrad Killian, Ivan Stock en Dawid Olivier (Afriforum). Foto: Verskaf


’n STIGTINGSVERGADERING van Cradock se eie Afriforum-tak is verlede week op die dorp gehou en is goed ondersteun.

Volgens Wayne de Beer, wat as die eerste voorsitter verkies is, het hulle ’n lys aange-vra van mense op Cradock en uit die distrik wat reeds lede van Afriforum is.

Daarna sal ’n algemene vergadering belê gaan word om ’n lys van prioriteite vir die gebied op te stel.

De Beer sê, “’n Buurtwag vir die dorp en veiligheid van ons boere lê vir ons baie na aan die hart, maar die vergadering sal sy eie prioriteitslys opstel.”

Ander lede van Cradock Afriforum se eerste bestuur is: Jaco Mulder (ondervoorsitter), Liezl Rautenbach (sekretaris), Conrad Killian (tesourier), Ivan Stock (veiligheid in die dorp) en Andrew Jordaan (veiligheid op plase).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article