VARS Karoolug, briljante idees, streekkos, warm gasvryheid en COVID-19 gesondheidsprotokol was alles deel van die jaarlikse Karoo Skrywersfees wat onlangs op Cradock gehou is.
Lisa Kerr, een van die organi-seerders, het na afloop van die fees gesê dat alhoewel die fees “klein en veilig” was, is hulle baie gelukkig met die verloop van die verrigtinge en die bywoning daarvan.
“Ons is tevrede met die aantal plaaslike mense wat die fees bygewoon het en daar was selfs gaste vanaf Grahamstad, Colesberg en Alexandria,” het Lisa gesê.
Bekendes soos die skrywer/fo-tograaf-egpaar Chris Marais en Julie du Toit, Melina Smit, David Hilton Barber, Vivian de Klerk, Tony Jackman, dr. Dean Allen en Cristal Warren van Amazwi Literatuurmuseum in Makanda het lesings en werkswinkels aangebied.
Die bekendstelling van Chris Marais en Julie du Toit se nuutste boek, Karoo Roads, het ook groot byval gevind.
Daar is vanjaar vir die eerste keer in die fees se bestaan ’n virtuele program vir die Skrywersfees se “afwesige vriende” aangebied.

