‘n Vyftigjarige vrou is Sondag, 14 Februarie tydens ‘n donderstorm in Cradock deur weeerlig
doodgeslaan.
‘n Man wat in haar geselskap was, is ernstig beseer en word in die
plaaslike hospitaal behandel.
Die hewige donderstorm het van net voor
17:00 oor die dorp getrek en hoewel daar baie weerlig was, is baie min reën aangeteken.
Volgens kapt. Larianne Jonker, polisiewoordvoerder, het die vrou (50) en haar metgesel na bewering onder ‘n boom
geskuil om uit die reën te kom.
Die voorval het in die Trimpark
naby die tennisbane in Cradock plaasgevind.
Die polisie wil nog nie haar haar naam bekend maak nie en volgens Jonker
ondersoek hulle tans die saak.
Die oorledene het in Ezibelenistraat in
Lingelihle gewoon.


