KYK: Bibberweer tref Oos-Kaap met koudste nag dié jaar


Tot swembaddens in Cradock was 'n blok ys, met dié

Tot swembaddens in Cradock was gevries, met dié twee woefies wat op die ys staan en nader ondersoek instel na dié vreemde verskynsel. Foto: Verskaf

Alhoewel die middel van die winter reeds op 20 Junie was, het verskeie Oos-Kaapse dorpe gisteraand hul koudste nag in ‘n lang tyd beleef.

Toe die son vanoggend in Cradock opkom, was die dorp se temperatuur -4°C gewees. Voëltjiebakke, in sommige gevalle waterpype en selfs swembaddens was gevries.

Op sommige plase in die Cradock-distrik was grensd

Op sommige plase in die Cradock-distrik was grensdrade met ysversiersels getooi. Foto: Verskaf
Diana van Straaten se motor het vanoggend gewys di

Diana van Straaten se motor het vanoggend gewys die temperatuur op hul plaas Saltpansdrift was -9°C! Foto: Verskaf
Net gevriesde plante waar jy kyk! Foto: Verskaf

Net gevriesde plante waar jy kyk! Foto: Verskaf

Op die plaas Saltpansdrift buite dié dorp, waar Diana van Straaten vroegoggend met haar motor moes ry, het dié motor se temperatuurlesing om 07:15 op -9°C gestaan.

Op omliggende plase was grensdrade met ysversiersels getooi, terwyl daar op Nici Smit se plaas Reveille jong doringboompies soos plante uit ‘n baie koue feëland omtower was.

Volgens Garth Sampson van die Baaise weerkantoor, het temperature vanoggend, 6 Julie tot die laagste nog die jaar gedaal.

“Dit was vanoggend die koudste oggend hierdie jaar as gevolg van ‘n reeks kouefronte wat na die suide van die land beweeg,” het Sampson gesê.

In Gqeberha, waar dit egter nie die koudste oggend dié jaar was nie, was daar tog ‘n paar plekke waar ryp rondom die stad sigbaar was, aldus Sampson.

“Meeste ander weerstasies het die laagste minimum temperature vir 2021 gemeet.”

Die plaas Buffelsfontein naby Molteno het vanoggend die sewende laagste temperatuur sedert 2020 aangemeld, met -17.0°C. Die koudste temperatuur hier was op 13 Augustus 2020 met ‘n yskoue -20.1°C!

Ander dorpe in die Oos-Kaap wat die laagste minimum temperatuur vir 2021 aangeteken het, is:

Graaff-Reinet met -6.9°C

Komani met -6.6°C

Middleton met -5.8°C

Jamestown met -9°C

Aliwal-Noord met -7.9°C

Barkley-Oos met -6.8°C

Elliot met -7.5°C

Kariega (Uitenhage) met 1.2°C

Patensie met 2.1°C

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article