Shareese Naidoo het die koue trotseer en in die sneeu op Hogsback baljaar. Foto:NOLAN VENTER


GROOT dele van die land het verlede week die ergste koue nóg ervaar. In die Oos-Kaap is verskeie bergpasse vir verkeer gesluit omdat die paaie weens dik lae sneeu onbegaanbaar was.

’n Positiewe aspek van die koue en sneeu in die Oos Kaap is dat welkome reën in sekere gebiede saam met die sneeu uitgesak het.

Op Hogsback was sneeu weereens die grootste trekpleister en besoekers het van heinde en verre op die skilderagtige dorpie toegesak. Opgewonde kinders het in die sprokiesagtige sneeukombers, waarmee Hogsback bedek was, baljaar. Vir meeste van hulle was dit hul eerste sneeubelewenis.

Hogsback was voor die COVID-19 pandemie bekend vir sy jaarlikse Kersfees-in- Julie makietie.

Die Nico Malanpas by Seymour was ook onder ’n dik sneeulaag en vir verkeer ge-sluit. Die koue weer het die afgelope na-week voortgeduur en inwoners was ge-noodsaak om hul verwarmers aan te hou en lekker dik warm klere aan te trek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article