’n Kennisgewing wat Loretta Postman sirkuleer in ‘n poging om haar seun te vind. Foto:VERSKAF


’n Oos-Kaapse moeder is rasend van bekommernis nadat haar liefling- seun op ’n aand in Junie 2011 soos mis voor die son verdwyn het.

Die bekommerde en erg getraumatiseerde Loretta Postman het aan Komani-Karoo Express gesê dat daar sedertdien nie een enkele dag of aand omgaan dat sy nie aan haar seun Quinton dink nie.

“Dis nou al meer as tien jaar en ek het nog geen taal of tyding van of oor hom ontvang nie,” sê Loretta.

Die 33-jarige Quinton Postman, ook bekend as Quirra was laas op 15 Junie 2011 gesien. Hy was ten tye van sy verdwyning 23 jaar oud.

Luidens Postman wat in Oos-Londen woon, was daar in die tussentyd gerugte dat hy by verskillende ge-leenthede in Oos-Londen en omliggende dorpe opgemerk is.

“Ek sal nie moed verloor nie en sal aanhou om na my seun te soek tot ek hom vind,” sê Postman.

Sy bied ook ’n beloning aan vir enigeen wat met konkrete bewyse van waar hy hom tans bevind vorendag kan kom.

Enigeen wat inligting oor Postman het word dringend versoek om 062 140 4723 of 065 808 9715 te bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article