Jac van Heerden, ’n graad 6-leerder aan die Laerskool Cradock, is aangewys as een van die 60 finaliste in die Media 24 Wiskunde Olimpiade, wat verlede kwartaal aangebied is. Van Heerden is die seun van Jaco en Anrie van Heerden van Tarkastad. Leerders het landwyd elektronies aan die eerste ronde deelgeneem en slegs 60 toppresteerders is uitgenooi om aan die finale ronde deel te neem, wat op 11 September in Bloemfontein plaasvind. Wat sy prestasie merkwaardig maak, is dat die kompetisie vir graad 6- en 7-leerders aangebied is en Jac het vele graad 7-leerders uitgestof met sy uitstekende prestasie. Laerskool Cradock is baie trots op hom en wens hom sterkte toe vir die finaal. Foto:VERSKAF


Cradock-leerder presteer in Wiskunde Olimpiade

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article