BROOKLYN Chest-hospitaal in Milnerton in die Wes-Kaap is dringend op soek na die familie van George Kibito (gebore 11/07/1982).

Kibito het tydelik in (Bonny Town) Wynberg, Kaapstad gewoon, maar die hospitaal het rede om te glo dat hy oorspronklik van Cradock of Graaff-Reinet afkomstig is. Familie of enigeen wat Kibito geken het, word versoek om dringend die maatskaplike werker Veronica van Wyk by 021 508 7484/7470/7469 te kontak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article