UITSTALLERS vanaf Hofmeyr, Steynsburg, en Middelburg het die afgelope Saterdag hul produkte by die Harmonie Plaasmark buite Steynsburg uitgestal en het goeie ondersteuning geniet.

“Verkope was uitstekend by ons stalletjie waar ek en my vrou, Bernice, heerlike tuisgebakte produkte verkoop het,” sê Cobus Claassen van Hofmeyr.

Sy dogter en kleinseun Elmien en Rick (12) Downey, óók van Hofmeyr, se kosstal-letjie het ook goeie aftrek geniet.

“Uit my kombuis kon ek die maand be-vrore disse, bobotie, Canneloni, wildspasteie, pizzas, gedroogde vrugtelekkers en nog baie ander lekker eetgoed aanbied,” sê Elmien.

Haar seun Rick, ’n leerder van Laerskool Cradock, het ’n skyfskietstalletjie bedryf.

Dié plaasmark, waar die plattelandse gemeenskap saamkuier en mekaar onder- steun, is die idee van Claudia Viljoen.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article