Elsie Oosthuizen (links) demonstreer kleurpassings aan Mirriam Duba, Letwin Runyambo en Prieska Maraza van Hofmeyr Hugs of Hope. Foto:TERESA OPPERMAN


VROUE van die vaardigheidsontwikkelings-instansie Hugs of Hope op Hofmeyr, het begin om gevorderde kwiltklasse by te woon met die doel dat hul kennis en vaardighede oorgedra sal word om meer vroue dié kwiltkuns te leer.

Altesaam ses kursusgangers van Hugs of Hope sal maandeliks na Burgersdorp ry, waar hul opleiding ontvang by die bekende en begaafde kwiltkunstenaar, Elsie Oosthuizen.

Elsie beperk die getal kursusgangers omdat sy graag deeglike en persoonlike aandag aan elke kwilt-kursusganger gee.

Die kwilters wat die onderskeie tegnieke wil bemeester, neem hul eie toebehore saam. Tydens die eerste klas is hulle geleer oor kleurkombinasies, knip- en stiktegnieke.

Kwilters het die geleentheid geniet om tussen Elsie se honderde mooi stukkies lap krea-tief te kon wees en elkeen kon hul eerste windmeulpatroon laslap-artikel huistoe neem.

Dié Hugs of Hope kwilters het besluit dat hulle ’n reeks ontwerper-kussingslope wil maak.

Die lesse wat by Elsie geleer word, sal op Hofmeyr by Hugs of Hope weer oorgedra word aan die naaldwerkers wat ook dié lapkuns wil bemeester.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article