STANDARD-krieketklub op Cradock bied Saterdag, 12 Maart ’n Legende Dag aan.

Volgens Jean Nortjé, woordvoerder van die klub, het hulle oud-spelers genooi om die dag saam met hulle te kom deurbring.

Standard se span sal van 09:00 af kragte meet teen oud-spelers van die klub tussen die ouderdomme van 40 tot 49, terwyl die regte ou legendes, almal vyftig jaar en ouer, in die namiddag teen mekaar gaan speel.

Na verneem word is die oudste persoon wat aan die legendes-wedstryd sal deelneem, reeds oor die sewentig jaar oud.

Spel sal só gereël word dat elke person ’n geleentheid kry om te kolf.

Die dag sal afgesluit word met ’n gesellige ete vir al die spelers.

Standard-krieketklub is een van die oudste krieketklubs in die land en is in 1864 gestig. Verskillende provinsiale wedstryd is deur die jare op die beroemde Standard-krieketklub se velde gespeel. Die klub ding al van 1891 af mee teen Bedford om die Midland Bat.

Volgens Nortjé klub trek die klub swaar omdat daar geen instandhouding van die velde deur die plaaslike munisipaliteit gedoen word nie.

’n Donasieboks sal tydens die Legende Dag opgestel word waarin enigeen wat so voel ’n bydrae tot die klub kan maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article