Die Hoërskool Middelburg se atlete wat aan die SASA kampioenskappe deelgeneem het is (van links) Danelle Bishop, Gerhard van Graan, Megan Newton, Tommie Olivier, Elzaan Pieterse en Christel van Vuuren. Foto:VERSKAF


ATLETE van Hoërskool Middelburg wat in die Oos-Kaap se atletiekspan ingesluit is, het vyf van die span se 20 medaljes by die Suid-Afrikaanse Skole Atletiek (SASA) kampioenskappe in Germiston gewen.

Dié vyf medaljes is gewen deur Megan Newton (silwer- en bronsmedalje), Tommie Olivier (silwer), Danelle Bishop (brons) en Christel van Vuuren (brons).

Sewe atlete van Middies was in dié span en hul volledige uitslae by die SASA-kampioenskappe is as volg:

Megan Newton, tweede in D o.19 100m Hekkies (14.66s), derde in verspring (5.55m) en agtste in hoogspring (1.58m); Tommie Olivier tweede in S o.19 (52.11m); Danelle Bishop derde in D o.19 hamergooi (46.87m); Christel van Vuuren derde in D o.17 hamergooi (47.68m); Elzaan Pieterse twaalfde in D o.17 hamergooi (39.4m); Gerhard van Graan vierde in S o.15 100m hekkies (uitdunne) en vyfde in 300m hekkies (uitdunne).

Tydens die EPA kampioenskappe wat vroeër die maand in Gqeberha gehou is, het vyf van Middies se atlete hul plek in dié EPA-span ver-seker, wat aan ASA (Atletiek Suid-Afrika) se kampioenskappe gaan deelneem. Megan Newton, Danelle Bishop, Tommie Olivier, Christel van Vuuren en Gerhard van Graan gaan van 31 Maart tot 2 April aan die ASA kampioenskappe in Potchefstroom deelneem.

Middies-atlete se volledige uitslae by die EPA-kampioenskappe is as volg: Megan Newton eerste in D o.20 100m hekkies (15.28s) en derde in hoogspring (1.5m); Gerhard van Graan eerste in S o.16 300m hekkies (43.64s) en derde in 100m hekkies (14.29s); Josh Bishop eerste in S o.16 hamergooi (35.77m); Tommie Olivier eerste in S o.20 (52.04m); Christel van Vuuren eerste in D o.18 hamergooi (47.1m); Danelle Bishop tweede in D o.20 hamergooi (42.86m); Danika van Vuuren derde in D o.18 hamergooi (42.47m); Marcus Marima vierde in S o.15 in 100m (12s).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article