Lexi Fourie (9) en haar ponie Danny Boy, het hande vol pryse gewen by die onlangs Bathurst-landbouskou.
Dié plaasmeisie uit die Hofmeyr-distrik, is die dogter van Jannie en Karenza Fourie en is ’n leerder aan die Laerskool Cradock.
Lexi se ma, Karenza, is nie net haar afrigter nie, maar het self ook deelgeneem en met haar perd Jeep, die titel Nuweling Werkende Ryperd-kampioen gewen. Lexi se Danny Boy is ’n ponie van Jean Lord van Waterlea.
Lexi behaal die volgende toekennings:
- 2de Beste Perd in Hand
- 2de Beste Drafponie
- 2de Beste Galopponie
- 2de Driegangponie
- 3de Beste Kinderruiter
- 1ste Opeklas Ponie
- Reserwe-kampioen Beginner Ponie (driegang)
- 2de Skoukampioen Ponie (driegang)
- 2de Skou Ponie (driegang)
- Reserwe-kampioen Kinderskou Ryponie (driegang)

