Bevordering van toerisme en doeltreffende bemarking van Graaff-Reinet, wink vir die dorp.
Dit volg nadat Graaff-Reinet deurgedring het na die tweede ronde van die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie, wat in samewerking met lekkerslaap.co.za aangebied word.
Deur jou gunsteling dorp se naam na 33157 te sms, kan jy ’n bydrae lewer om die wendorp die titel te verseker.
Die wendorp word bepaal deur die aantal stemme vir jou gunsteling dorp met minder as 500 000 inwoners, vanuit nege streke.Graaff-Reinet sal – indien die dorp wen – met R1 miljoen se bemarkingwaarde op kykNET spog en die oorwinning sal met ’n Kia Dorp van die Jaar-makietie gevier word.
Inwoners sal tydens die makietie-fees die wen vier met musiek, stalletjies, plaaslike kos en smaaklike wyn.
Met stemming in volle gang is inwoners, besighede, skole en gemeenskapsleiers besig om mekaar uit te daag om te deel in die stemproses.
Die algehele wendorp, uit streke van so ver as Namibië, sal op 31 Julie aangewys word. Vorige wendorpe mag vir vyf jaar nie weer deelneem nie.
Stemme in die tweede ronde sluit op 29 April. Elke sms stem kos R1,50 en 30 stemme per selfoon-nommer word toegelaat.



