201 Klippies met Middies leerders se name op, is aan MHS se skoolhoof oorhandig. HIer is (van links) Edwin de Clerk, Karabo Hermanus, Dehan van der Walt, Mariaan Stannard (skoolhoof), Azalime Msali, Hugo Wasserman (projek-ko?rdineerder), Achumile Matoto, Paul Shana, Anneri van der Walt (met Nossie), Megan Newton en Chané Baartman.

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM

Die Hoërskool Middelburg se kleredrag is vir ’n goeie rede groen, want by Middies gee hulle om vir Moeder Aarde.

Nasionale Aardedag is verlede Vrydag, 22 April, wêreldwyd gevier en daar is op verskillende wyses waardering teenoor die planeet betoon.

Die tema vir vanjaar se Aarde-dag was “Belê in ons planeet” en dit is presies wat Middies gedoen het.

As deel van hulle vieringe het die Hoërskool Middelburg se hoofleiers bome by die ingang van die skool geplant. Nog meer bome gaan geplant word, wat binne die volgende paar jaar heerlike koelte by die skool sal bied.

Verdere inisiatief is ook geneem deurdat leerders aangemoedig is om elkeen ’n klippie met sy/haar naam opgeskryf, na die skool te bring, waarna dit in ’n enorme wynglas deur ’n verteenwoordiger uit elke klas saam met Hugo Wasserman (projek-koördineerder) en Nossie die gelukbringer, aan die skoolhoof, Mariaan Stannard, oorhandig is.

Nog ’n groen-hoogtepunt op Middies se kalender is wanneer die Sasol sonkrag-voertuie op 12 September weer die skool besoek op hul roete na Kaapstad.

Tydens hierdie Sasol Solar Challenge gaan leerders deur inligtingsessies en demonstrasies ook blootstelling kry aan verskeie sonenergie-projekte wat deur studente van die Universiteit Vrystaat aangebied gaan word.

Die sonkrag-aangedrewe karre vertrek vroeg op 12 September vanaf Gariepdam en sal deur Middelburg se Meintjiesstraat, Van Niekerkstraat en Benniestraat na die skool ry. Die publiek is welkom om die spesiale besoek by te woon.

Nasionale Aardedag is verlede Vrydag, 22 April, wêreldwyd gevier en daar is op verskillende wyses waardering teenoor die planeet betoon.

Die tema vir vanjaar se Aardedag was “Belê in ons planeet” en is dit presies wat Middies gedoen het. As deel van hulle vieringe het die Hoërskool Middelburg se hoofleiers bome by die ingang van die skool geplant. Nog meer bome gaan ook in die week geplant word, wat binne die volgende paar jaar heerlike koelte by die skool sal bied.

Verdere inisiatief is ook geneem deurdat leerders aangemoedig is om elkeen ’n klippie met sy/haar naam opgeskryf, na die skool te bring, waarna dit in ’n enorme wynglas deur ’n verteenwoordiger uit elke klas saam met Hugo Wasserman (projek-koördineerder) en Nossie die gelukbringer, aan die skoolhoof, Mariaan Stannard, oorhandig is.

Nog ’n “groen-hoogtepunt” op Middies se kalender is wanneer die Sasol Sonkrag-voertuie op 12 September weer die skool besoek op hul roete na Kaapstad.

Tydens hierdie Sasol Solar Challenge gaan leerders deur inligtingsessies en demonstrasies ook blootstelling kry aan verskeie sonenergie-projekte wat deur studente van die Vrystaatse Universiteit aangebied gaan word.

Die sonkrag-aangedrewe karre vertrek vroeg op 12 September vanaf Gariepdam en sal deur Middelburg se Meintjiesstraat, Van Niekerkstraat en Benniestraat na die skool ry. Die publiek is welkom om die spesiale besoek by te woon.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article