Die Working on Fire-groep, in samewerking met die Rhema-kerk in Molteno het vanoggend hul 67 minute vir Mandeladag gebruik om die roete tussen Molteno en Sterkstroom op te ruim.
Die gras in die padreserwe is ook met beheerde brande gebrand as voorsorgmaatreël vir wanneer die sterk Augustuswinde erge veldbrande in die area aandryf.



