GRAAFF-REINET – Hoër Volkskool, Graaff-Reinet het onlangs erkenning gegee aan alle leerders wat besonder goed op sport- en kultuurvlak presteer het.

Alecia Louw was beslis hierdie jaar se top sportpresteerder.
Die Jo-Ane Nell-beker vir die beste skoolsportprestasie en die Naudé Wissel-trofee vir veelsydigste sportvrou is aan haar toegeken.
Sy het ook die Skoolhoof Prestige-toekenning vir haar insluiting in the nasionale o.16 A-hokkiespan ontvang.
Jean van Wyngaard, Reaglin Maarman en Renaldo van der Westhuizen het die Skoolhoof Prestige-toekenning ontvang vir hul verteenwoordiging van die Oos-Kaap-span tydens die Nasionale Kampioenskappe vir Gemengde Gevegskuns.
Tydens die nasionale kampioenskappe het Jean van Wyngaard goue medaljes vir points fighting en sport boxing verower, terwyl Reaglin Maarman goue medaljes vir grappling en points fighting en Renaldo van der Westhuizen ‘n goue medalje vir continuous fighting verower het.
Hierdie prestasies by die Nasionale Kampioenskappe het tot gevolg gehad dat al drie in die Kickboxing Organisation of South Africa (KOSA) se B-span ingesluit is en gekwalifiseer het om aan die 2025 World Kickboxing Association (WKA) World Championships in Engeleand deel te neem.
By die WKA World Championships het Jean van Wyngaard ‘n 4de plek in continuous fighting en ‘n 5de plek in points fighting behaal. Reaglin Maarman en Renaldo van der Westhuizen het ongelukkig nie aan die WKA World Championships deelgeneem nie.
Marli Fourie het die Dawid Botha Wissel-trofee ontvang vir haar insluiting in die Junior Protea-ruiterkunsspan.
Sy is ook aangewys as top presteerder in ’n sportsoort wat nie deur die skool aangebied word nie.
Tiaan Fourie het die skoolhoof Prestige-toekenning en die Petrus Theron-Gedenk-trofee ontvang nadat hy as kaptein van die Senior Protea 5-gang-ruiterkunsspan aangewys is.
AW Lambrechts het die Derick van Zyl-trofee vir sy verteenwoordiging van die Oos-Kaap in spiesgooi by die Nasionale Kampioenskappe ontvang.
Rikus Kleyn het die Skoolhoof Prestige-toekenning ontvang vir sy deelname aan die Teatro Arti Nasionale Eisteddfod – graad 12 – waar hy as algeheel wenner in sang aangewys is.
Die Willie Odendaal-trofee vir die veelsydigste graad 12 is ook aan hom toegeken.
Mikha Enslin het die Skoolhoof Prestige-toekenning ontvang nadat sy 100% in die Nasionale PodiumPret Redenaarskompetisie behaal het en ook as top graad 11-deelnemer aangewys is.
Beide Monique Nell en Kate-Lyn Kruger het die Skoolhoof Prestige-toekenning ontvang nadat hulle 100% en 95% onderskeidelik in hul moderne danseksamens behaal het.
Rudolph-Hein van Eeden het die Van Schalkwyk Familie Wissel-trofee vir die veelsydigste sportman ontvang.
Hoër Volkskool se bestuur het beklemtoon dat hulle ongelooflik trots op hierdie leerders se prestasies is.
“Die prestasies van ons leerders wys regtig wat ‘Volkskool-gees’ beteken – vasberadenheid, talent en deursettingsvermoë in alles wat hulle aanpak.”





You must be logged in to post a comment.