Leerders wat aan die WOW- en Growsmart – kompetisies deelgeneem het, wys trots hul sertifikate en medaljes. Agter is Hagan Adams, Robin Swart, Malinda Booysen en Chloe Simons. Voor is Adriel Swart, Amorey Baadjies, Zeeva Eksteen, Seguaney Dramat, Theresa Plaatjies en Mia Taute. Foto: Mitzi Buys

Leerders van Swartberg Sekondêr het besonder goed gevaar in die onlangse Woorde Open Wêrelde-spelfees en die Growsmart Educational Programme – Literacy and Mathematics.

Drie leerders – Amorey Baadjies, Chloe Simons en Robin Swart, wat aan die Growsmart-kompetisie in die afdeling English First Additional Language – deelgeneem het, het na die eindronde deurgedring.

Theresa Plaatjies en ‘n helper het hulle afgerig. Ses leerders wat aan die WOW-spelfees deelgeneem het, het na die provinsiale kompetiese deurgedring. In die afdeling vir Afrikaanse spel het Mia Taute, Zeeva Eksteen, Seguaney Dramat en Robin Swart deurgedring, terwyl Adriel Swart en Hagan Adams in die afdeling vir Engelse spelling deelgeneem het. Malinda Booysen het die leerders afgerig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article