Voordat jy eie reg gebruik om van die bobbejane in jou omgewing ontslae te raak, waarsku die Overstrand-munisipaliteit dat daar teen dié mense opgetree gaan word en dat jy eerder die noodnommers moet skakel om die OM in te lig oor die “moeilikheidmakers” in jou omgewing.
Die doel van die OM se bobbejaan-noodnommer is om seker te maak dat die munisipaliteit weet van die bobbejane in die omgewing en of hulle in die dorp is of selfs huise plunder. “Die noodnommer is of om die munisipaliteit in te lig oor die bobbejane se doen en late of om ons te skakel vir hulp. Dit gaan direk na die regte operateur toe om te verseker dat ons so gou as moontlik hulp kan verleen,” het die munisipale bestuurder, Dean O’Neill, gesê. Die volgende nommers kan geskakel word:• 072 028 0008 (Hermanus en Voëlklip);• 069 1515 962 (Kleinmond, Bettysbaai en Pringlebaai)Wanneer om te skakel:• As daar bobbejane in die buurt is;• As daar bobbejane in jou erf is;• As daar ’n bobbejaan is wat beseer is;• As daar iemand is wat bobbejane voer of hulle leed aandoen.Wat moet jy verskaf:• Jou naam en adres;• Die spesifieke adres waar jy die bobbejane gesien het;• Die hoeveelheid bobbejane wat daar is;• Wat die bobbejane doen;• Of die bobbejaan ’n merker het en wat die kleur van die merker is.





